MOSSELBAAI NUUS - Vir 'n paartjie van Groot-Brakrivier lyk die toekoms waarlik letterlik rooskleurig. Veral nadat hulle onlangs op 'n besonderse manier verneem het dat hulle 'n dogtertjie verwag.
Wessel en Shanelle Roon, beide werksaam in Mali, Wes-Afrika het op Saterdag, 22 Augustus by die Mosselbaai-vliegveld saam met familie en vriende vergader om die geslagsbekendmaking van hulle baba te vier.
Wessel is 'n vlieënier en werk as loods in Mali. Hy het sy opleiding in George voltooi.
Sy vlieginstrukteur, Walter Waldeck het tydens die geleentheid 'n verbyvlug gedoen waarna die lug met 'n spesiale poeier pienk gekleur is. Die paartjie het elk 'n fakkel, wat ook pienk gekleur was, gekry om te aktiveer.
Amper-ouma Michelle Roon, is self oorstelp van vreudge.
"Hierdie ouma se hart is alreeds seer om die kleintjie te laat teruggaan Afrika toe."
En so word die lug pienk van plesier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'