MOSSELBAAI NUUS - Die Dameskring Mosselbaai Seemeeu-tak het tydens hul Augustus byeenkoms hul voete in pienk getooi en boonop die kleur kop toe ook gevat. Die vroue het vir Adri van Nieuwenhuizen, besturende-direkteur van Pink Trees for Pauline (PTFP) met ope arms verwelkom en aan haar lippe gehang soos hulle geluister het na die groot werk wat PTFP elke jaar landwyd in meer as 100 dorpe doen.
Tydens hier bewusmakingsprogram word pienk en groen kopdoeke saam met pienk lap deur PTFP en Kansa versprei.
Die geld wat so geïn word, word in die dorp waar dit bymekaargemaak word, vir die sorg van kankerpasiënte gebruik.
Volgens Adri is daar die afgelope paar jaar al etlike miljoene rand landwyd vir hierdie doel ingesamel en aangewend.
Voorbeelde van die pienk sokkies wat verlede jaar deel van die veldtog was, is uitgestal en die lede van die Dameskring het besluit hulle móét pienk sokkies kry. Daar is nog sokkies vir kinders, klein nommers en 4-8 volwasse skoengrootte beskikbaar. Skakel Denise Lloyd (084 444 5873) vir al jou pienk bykomstighede om gedurende Oktober die dorp in pienk te help tooi.
Enigeen wat belangstel om aan te sluit, kontak vir Elize Barnardt die voorsitter (082 829 8133).
Adri van Nieuwenhuizen (voor) besturende-direkteur van Pienk Trees For Pauline was die gasspreker by die Augustus-vergadering van die Dameskring Mosselbaai Seeumeeu-tak. Die lede wat heerlik saamgekuier het, is (sittend) van links: Juby Terblanche en Elize Barnardt (voorsitter). Agter staan van links: Catherine Jansen van Rensburg, Elbie Schoeman, Karin Scoeman Heilette de Klerk en Etta de Viliers. Foto: Denise Lloyd
Pink Trees For Pauline het beslis die Dameskringlede se voete mooi getooi - alles vir 'n goeie doel. Foto: Denise Lloyd
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'