MOSSELBAAI NUUS - Die veelbekroonde Mosselbaai-munisipaliteit het vir die eerste keer 'n vrou as assistenthoof van verkeersdienste aangestel nadat superintendent Antoinette Snyders tot dié pos bevorder is.
Van Maandag af sal die hoof: regsdienste, Niel Prins ook as direkteur van korporatiewe dienste waarneem tot verdere kennisgewing.
Dit is van die onlangse personeelskuiwe by die plaaslike owerheid.
Onlangs is afskeid geneem van die kommunikasiebeampte, Rowena Hendricks, wat 'n bevorderingspos as bestuurder bemarking en kommunikasie by die Witzenberg-munisipaliteit aanvaar het.
Eweneens het George van der Westhuizen 'n bevorderingspos na Stad Kaapstad aanvaar waar hy op Maandag, 1 Julie as sub-raadbestuurder diens sal aanvaar.
"Mosselbaai-munisipaliteit is trots op die uitvoerprodukte wat hul grondslag hier gekry en as 'n aanwins in plaaslike owerheid bewys kan lewer van die kwaliteit ondervinding wat hulle hier opgedoen het," berig die Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Colin Puren.
Antoinette Snyders is die eerste vrou wat as assistenthoof van verkeer by die Mosselbaai-munisipaliteit sal dien.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'