MOSSELBAAI NUUS - Die organisasie, People Against Race Classification (PARC) is vandag, Dinsdag, 4 Januarie op Hartenbos doenig met ‘n bewusmakingsveldtog.
Onderwyser en inwoner van Oudtshoorn, Glen Snyman is aan die stuur van die veldtog. Hy sê PARC probeer mense se steun vir die veldtog werf.
Dit behels dat alle Suid-Afrikaners hulself as Suid-Afrikaners en nie noodwendig as blank, swart of kleurling beskou nie.
“Ons wil hê dat mense, tenspyte van hul velkleur op vorms waar dit aangedui moet word, hulself as ‘African’ moet merk om hul misnoeë teen die rasseklassifiseringsblokkies op vorms aan te dui.”
Snyman sê hulle wil hê die regering moet alternatiewe opsies gebruik.
Die organisasie bestaan sedert 2010. PARC ondersteuners sal vandag pamflette oor die organisasie se visie en missie uitdeel.
Die organisasie, People Against Race Classification is vandag op Hartenbos.
Glen Snyman saam met Helen Zille tydens 'n vorige veldtog.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'