MOSSELBAAI NUUS - Maxie Blignaut, 'n pensioenaris van Mosselbaai, is oneindig dankbaar vir die anonieme persoon wat vanoggend, 2 September, haar handsak in die Pick n Pay by Langeberg Mall opgetel en aan die bestuur oorhandig het.
Sy sê, "ek het al my kaarte, selfoon en kontant teruggekry. Daar is nog eerlike mense en ek dank die Here vir sy genade."
Volgens Blignaut was sy vanoggend só ontsteld toe sy by die betaalpunt agterkom dat haar handsak weg is, dat sy nie behoorlik dankie vir die bestuur gesê het nie.
Sy het net voor sy in die winkel ingegaan het, haar Sassa geld getrek om kruideniersware te koop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'