Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Manlike Subantarktiese pelsrob-mannetjie (Arctocephalus tropicalis) rus sedert Saterdagmiddag op Hartenbos se strand.
Die grootste broeikolonies naby ons is Gough (+- 3000km), Marion en die Prince Edward Eilande (+- 2177km).
Hulle eet vis, seekat, kril en soms pikkewyne.
Die welpies soog tot ongeveer 11 maande waarna hulle geneig is om ver weg van hul kolonies af te swem.
Hulle is baie moeg na hul lang swem en rus dan op ons strande voor hulle verder reis.
Vrywilligers van S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) monitor die rob deurgaans.
Kyk 'n video hieronder.
Hulle is baie moeg na hul lang swem en rus dan op ons strande voor hulle verder reis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'