MOSSELBAAI NUUS - Diaz Primêre skool se onderwysers, leerders, terreinwerkers, sekretaresses, sowel as proefstudente, bied op Woensdag, 13 Maart, en Vrydag, 15 Maart, 'n passiespel toneelstuk aan.
Die groep wissel in ouderdomme vanaf 10 tot 65 jaar.
"Weens die feit dat ons nou in ‘n lydingstydperk is, wat opbou tot die kruisiging en opstanding, is dit die ideale produksie om almal net weer bewus te maak dat ons Hemelse Vader vir ons gesterf het aan die kruis," sê Genevieve Muller, skoolhoof van Diaz Primêr.
Die toneelstuk vind by die skoolsaal plaas. Dit begin om 18:30. Kaartjies moet vooraf by die skool gekoop word.
Personeellede verkoop ook kaartjies. Enigeen is welkom om die geleentheid by te woon.
Kaartjies moet teen 8 Maart gekoop word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’