MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se nooddienste het op Woensdagoggend op versoek 'n passasier van die luukse passasierskip, die MV Astor wat in die baai voor anker gelê het, te hulp gesnel.
Dit blyk die passasier het na bewering 'n ligte beroerte ondervind en is in die Life Bay View-hospitaal opgeneem.
Volgens die woordvoerder van die hospitaal, mev Elzaan Moelich, is die man in die noodeenheid behandel en sal verdere toetse op hom uitgevoer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'