MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie het bevestig dat die lykie van ‘n pasgebore babaseun in Thembelihlelaan in ‘n rommelhouer gevind is.
Die liggaampie is vanmiddag om 12:30, Sondag 12 Desember deur ‘n lid van die gemeenskap gevind toe hy in die rommelhouer rondgekrap het. Die babaseun se liggaampie was in gordyn toegedraai.
Volgens die kommunikasiebeampte van die KwaNoqaba-polisie, ao Kappie Kapp word daar ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen waarna die saak aan ‘n ondersoekbeampte toegewys sal word.
Enige persoon met inligting kan die KwaNonqaba-polisie kontak by 044 606 5600.
Enige persoon met inligting kan die KwaNoanqaba-polisie kontak by 044 606 5600.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'