
Veiligheidsouers sal deur maatskaplike werkers gekeur word om die baba vir 'n tydperk van drie maande te versorg.
Wanneer die aanvanklike drie maande-tyd-perk verstryk en die veiligheidsouers nie in pleegsorg sou belangstel nie, of daar steeds geen geskikte familie na vore gekom het om die kind te versorg nie, kan die tydperk by die veiligheidsouers met 'n verdere drie maande verleng word.
Indien die baba in pleegsorg geplaas word, sal dit vir die duur van 'n minimum van twee jaar wees.
Die tydperk kan ook verleng word wanneer die twee jaar verstryk. Die proses kan so verloop tot die kind 18 jaar oud is en self kan besluit waar sy wil woon.
Die familie van 'n kind kry altyd voorkeur wanneer aansoek gedoen word om 'n kind aan te neem, mits die omstandighede by die familie geskik vir aanneming is.
Die baba is op Sondag, 6 Desember, om ongeveer 10:00 deur inwoners van die informele nedersetting gekry. Sy was in 'n plastieksak toegemaak en in die bosse weggegooi.
Nog niemand is in verband met die voorval gearresteer nie.
Die ondersoekbeampte in die saak is sers Mofokeng. Enigeen met inligting word versoek om haar by 082 335 0686 te skakel.
