MOSSELBAAI NUUS - Die eerste Robinsonpas Fees, ter viering van die pas se 150ste bestaansjaar, word vandag gevier in Ruiterbos.
Die pas het op 4 Junie 1869 geopen.
Vandag word ‘n pretdag vir die hele gesin gehou met stalletjies, ‘n optog met ou motors en trekkers, outydse speletjies soos jukskei en boeresport.
Deurlopend deur die dag is daar vermaak en ‘n prettige program vir kinders wat ‘n kuiertjie van Daantjie Kat en Mosselbaai- brand- en reddingsdienste insluit. Die grootmense kan vanaand nader staan vir die mandjiedans.
Uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal open die fees amptelik om 10:00 vanoggend.
Die feesprogram.
Claude Pretorius sal die seremoniemeester wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'