MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park het onlangs hulle erkenningsaand gehou. Jana Pretorius is as die skool se dux-leerder aangewys en het trofeë ontvang vir: hoofmeisie, beste meisie-atleet, beste prestasie: Afrikaans, beste prestasie: ekonomiese- en bestuurswetenskap, beste prestasie: sosiale wetenskap, beste prestasie: skeppende kuns en beste prestasie: tegnologie.
Olof Poggenpoel het trofeë ontvang vir: hoofseun, beste prestasie: ekonomiese- en bestuurswetenskap, beste prestasie: lewensoriëntering, beste prestasie: natuurwetenskap, veelsydigste graad 7-leerder, beste krieketspeler: kolwer en beste seunstennisspeler.
Livia Gericke en Olof Poggenpoel het beste sportvrou- en sportman-toekennings verower.
Laerskool Park het ook hul 2023 hoofleiers by die toekenningsaand bekendgemaak.
Olof Poggenpoel met sy trofeë.
Jana Pretorius met die trofeë wat sy ontvang het.
Livia Gericke en Olof Poggenpoel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'