MOSSELBAAI SKOLE NUUS - Atlete van Laerskool Park het pragtig presteer by Laerskool Hartenbos se PSG-atletiekbyeenkoms.
Park se atlete het die volgende prestasies behaal: twee eerste plekke, agt tweede plekke en een derde plek.
Laerskool Park spog ook met Jaywin Scholtz, 'n graad 1-leerder, wat sy eerste PSG-byeenkoms afskop met twee eerste plekke en twee rekords.
Voor: Dylan Stander, Renaldi van Zyl, Lara Brown en Jaywin Scholtz. Agter: Calista le Roux, Mishke Jansen, Cammy Cordom, Mark-Hein Fourie, Alexis Nell en Melissa Kuun.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'