HERBERTSDALE NUUS - Die NG-gemeente van Herbertsdale hou op Saterdag, 3 April vanaf 10:00 hul jaarlikse Paasfees-basaar op die kerkterrein.
Daar sal soos gewoonlik baie varsvleis en ander plaasprodukte teen billike pryse te koop wees. Wors sal teen R78 per kg, maalvleis teen R70 per kg en beeskookvleis teen R40 per kg te koop wees.
‘n Fees van eetgoed soos afval, braaivleis, kerrie en rys, pannekoek, poeding en kerrievetkoek sal te koop wees.
Maak dus seker jy neem genoeg kontant saam.
Covid-19-protokol sal tydens die basaar in plek wees en streng nagevolg word. Uitstalruimtes sal in oop tente wees sodat basaargangers nie in toe lokale hoef te wees nie.
Gemeentes het die afgelope jaar tydens die Covid-19-inperking swaargekry en die ondersteuning van die gemeenskap sal baie waardeer word.
"Kom ondersteun ons en ry bietjie uit na die platteland. Die lug is nog lekker vars hier."
Vir verdere inligting kontak Lappies (082 555 1466).
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'