Malvaweg en Nerinaweg is vir verkeer gesluit en na verwagting sal dit vir die volgende uur nog gesluit bly.
Twee huise in P Lorea is deur grondspanne van die brandweerdiens van skade gered. Die toegangspad na Danabaai was vir ‘n kort tydjie vir verkeer gesluit maar is intussen weer heropen.
Die munisipaliteit het bevestig dat geen stappers op die St Blaize wandelroete vasgekeer was nie. Vrese het onstaan nadat geparkeerde voertuie aan die Danabaai-kant van die roete opgespoor is.