MOSSELBAAI NUUS - Die familie van ouma Maria Jansen wens haar geluk met haar 97ste verjaardag die 16de Junie.
Sy is op Woensdag, 16 Junie 1926 op Albertinia gebore. Die familie se seënwense is dat God haar nog verder seën met goeie gesondheid en seëninge.
"Dankie vir al u liefde en die familie is geseënd om u nog saam met hulle te hê."
Ouma Jansen bly op Mosselbaai nog in haar eie huisie en is nog vlytig met die naald- en breiwerk. Nie net is sy baie gesond nie maar spog ook met nege kinders, 20 kleinkinders en 31 agter-kleinkinders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’