Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die ouer garde van Benevolent Park tehuis vir bejaardes het 'n nuutgevonde vryheid gevier na die maande van inperking deur besoek af te lê aan die Pine Creek-oord, Groot-Brakrivier.
Daar is alte heerlik in die buitelug piekniek gehou en al die oues het die uitstappie terdeë geniet.
Fotogalery: Benevolent Park hou piekniek
Hulle het opnuut gewys dat die lewe daar is om gevier te word, al moet jy dit binne die beperkinge van Covid-19-regulasies en immer met versigtigheid aanpak.
Volgens een van die inwoners, Abe Mitas word die uitstappie al lank in die vooruitsig gestel, maar die inperking het hul voornemens in die wiele gery. Die ete is geborg, so ook vervoer na Pine Creek. Inwoners het ook hul eie geld aangewend waar nodig. "Hiermee wil ons ook sommer 'n positiewe beeld vir Benevolent Park uitdra."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'