Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Ter viering van Internasionale Week vir Ouer Persone (1-7 Oktober), het die ACVV besondere moeite gedoen om hulle inwoners met 'n vermaaklikheidsprogram te trakteer.
Tydens hierdie spesiale week, waarin daar elke dag 'n aktiwiteit aangebied is, was een van die hoogtepunte beslis die uitstappie Punt toe.
FOTOGALERY: UITSTAPPIE NA DIE PUNT
Talle Mosselbaaiers aanvaar 'n rit na die Punt om daar die vars lug, 'n stappie of 'n roomys te geniet, as vanselfsprekend. Maar vir die inwoners van Huis Elsjé, wat bedgebonde en moeilik beweeglik is, is so 'n uitstappie iets waarlik buitengewoons, waarin verskeie partye 'n rol moet speel om dit enigsins moontlik te maak.
ER24 privaat ambulansdiens het ingewillig om van die inwoners heen en terug te help vervoer. Inwoners wat nie die uitstappie kon meemaak nie, het egter ook hulle bederf gehad, toe 'n see-ervaring by die tehuis geskep is. Gedurende die week is daar tafeldoeke geverf, fliek gekyk, geskenkies uitgedeel en die personeel het hulle in kostuums soos die ouer garde aangetrek.
Gewilde sanger, Elvis Blue was ook deel van die program, maar moes ongelukkig vanweë onvoorsiene omstandighede sy optrede kanselleer.
Gert Meiring, die oordbestuurder saam met die inwoners.
Dr Koen Bekker by die banier en blomme wat inwoners verwelkom het.
Rina Heymans met haar roomys.
Rina Jones en Annie Burger geniet 'n blaaskansie in die son.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'