Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Twee van die oudste inwoners van die Hartenbos-versorgingsoord het vandag, 2 Junie saam met al die inwoners, Covid-19-inentings ontvang.
Jane Badenhorst, oudste inwoner van dié oord en een van die oudste inwoners van die dorp, het verlede November 103 jaar oud geword. ‘n Maand later is sy positief getoets vir Covid-19, maar het wonderbaarlik en danksy goeie versorging herstel.
“Ek is geseënd en die Here kyk goed na my,” het sy aan Mossel Bay Advertiser gesê.
Nellie Polley (101), het ook haar inenting ontvang. Volgens haar is die inenting glad nie seer nie. Al die bejaardes is na die inenting gemonitor vir enige newe-effekte.
Volgens Johan Jacobs, bestuurder van die versorgingsoord gaan dit vir die inwoners en versorgers baie probleme oplos en die beweging van die bejaardes vergemaklik noudat hulle ingeënt is.
Kyk 'n video hieronder:
Nellie Polley 101 het ook haar inenting ontvang. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'