MOSSELBAAI NUUS - Die EPC Buis-kinderfonds is 'n organisasie wat vroeër die jaar op Buisplaas duskant Mosselbaai gestig is. Omdat leerders van Buisplaas elders moet skool bywoon is kinders van so jonk as ses jaar oud dikwels genoop om in 'n koshuis te woon.
Die kinderfonds beoog om binnekort vervoer vir die kinders van Buisplaas te verskaf sodat jonger kinders 'n band met hulle ouers kan vorm en namiddae tuis kan spandeer.
Die kinderfonds het verskeie projekte en is tans besig om dwelm- en alkoholmisbruik op Buisplaas aan te spreek.
Tydens 'n onlangse vergadering het die organisasie 'n skenking aan die hoof van Laerskool Herbertsdale oorhandig. Die organisasie nooi skenkers uit om hul te kontak (Sonja Buis 074 637 2959 of Maria Philander 073 211 7451).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'