GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n 23-jarige vrou en haar 3-jarige seuntjie het gisteroggend (Saterdag 18 November) omstreeks 01:00 in hul woning op Groot-Brakrivier doodgebrand.
Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sersant Chantel Marais, het inwoners van die woongebied Wolwedans, die polisie in die vroeë oggendure ontbied.
Marais sê met die polisie se aankoms was die vrou en kind reeds dood.
Die pa van die kind is met 70% brandwonde na die George Provinsiale Hospitaal afgevoer.
Volgens Marais is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.
Lees 'n vorige nuusflits: Vrou en kind brand dood
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'