Hulle wys op vullisblikke wat in hul oorhou-area aangebring is, maar deurgeroes en onbruikbaar is, en kla dat vullis nie gereeld verwyder word nie. Dit, volgens die lesers, bring mee dat die vullis ophoop en gesondheidsgevare meebring omdat, onder andere, rondloperhonde die sakke oopskeur en vullis gevolglik op die grond beland. Hulle kla ook dat knaagdiere 'n probleem word weens die rommel wat rondlê.
Die munisipaliteit het op navrae van die Mossel Bay Advertiser reageer deur daarop te wys dat vullisverwydering in hierdie area, soos in ander areas van Mosselbaai, een keer per week plaasvind.
"Asla Park kry presies dieselfde diens as die res van die dorp, met ander woorde, twee vullissakke per huishouding wat een keer per week verwyder word. Daar is ongelukkig probleme met mense wat hul vullissakke op verkeerde dae uitsit, ondanks die feit dat hulle ingelig is oor die korrekte dae, en tweedens 'n reuse-probleem met onwettige rommelstorting. Die rommelstorting vind ver-
al op openbare oop ruimtes plaas.
"Ons stem nie saam dat die dromme "maande lank (reeds) opgeroes" is nie. Ons is egter afhanklik van geskenkte dromme van PetroSA af, en ondervind daarby ook groot probleme met dromme wat gesteel word. Die spesiale vullishokkies is juis geskep om die onwettige storting te probeer hok slaan," het die munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill berig.

Inwoners van Asla Park kla dat die opgehoopte vullis gesondheidsgevare en onaangename lewensomstandighede meebring. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'