Die presiese omstandighede wat tot die ongeluk gelei het is steeds onduidelik, maar volgens die Da Gamaskop Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie, het Danie Jansen van Rensburg 'n ander motorfiets met sy eie motorfiets agterna gesit op Louis Fourieweg.
Jansen van Rensburg het teen 'n ander voertuig onder die Bayview-brug gebots.
Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en was vir 'n hele aantal dae in die Life Bayview Hospitaal behandel.
Volgens sy ma, Maureen Jansen van Rensburg, is Danie tuis en sterk hy daar aan.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
.jpg)
Danie Jansen van Rensburg
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'