Die N2 tussen Mosselbaai en Hartenbos is pas heropen nadat daar vroeër vanoggend bande op die ryvlak gebrand is.
Dit blyk dat die polisie daarin slaag om die betogers tot Mayixhale- en Bokwestraat in KwaNonqaba te beperk.
Die hoof van Provinsiale Verkeer, mev. Reinette Sirikakis, het egter gister gemaan dat die paaie deurgaans gemonitor en gesluit kan word as daar gevaar dreig en gevra dat motoriste die aanwysings van wetstoepassers sonder versuim sal volg.
Sy het ook gevra dat niemand sal stilhou of stadiger ry om te sien wat gebeur nie omdat dit tot ongelukke aanleiding kan gee in 'n reeds gevaarlike situasie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar raak.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Die hoof van Provinsiale Verkeer, mev. Reinette Sirikakis, het gister gesê die paaie kan deurgaans gemonitor en gesluit word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'