In die eerste voorval het polisielede ‘n huis in die Groot-Brakrivier omgewing deursoek en 37 pakkies dagga onder die vloer van die huis versteek gekry. Die dagga het bykans 8kg geweeg. ‘n 39-jarige man en ‘n 23-jarige vrou is in verband met die voorval gearresteer.
Op 25 November het lede van die SAPD Hoofwegpatrollie twee vroue gearresteer nadat 147 gekweekte daggabome en vyf pakkies dagga op ‘n plaas naby Groot-Brakrivier gevind is. Die verdagtes het op Woensdag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Lede van die SAPD Hoofwegpatrollie het daggabome op 'n plaas by
Hoogekraal naby Groot-Brakrivier gevind. Foto: Anton Dellemijn
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'