Mev Mills is op 15 September 2012 in haar huis op die plaas Potsteelhoogte, buite Klein-Brakrivier, doodgeskiet. Treurnicht het egter aan Regter Patric Gamble gesê hy het Mills nie aangerand soos wat die Staat beweer nie.
Die oorledene het saam met haar man, dr Neville Mills, op die plaas in Hamelkop-distrik gewoon, maar was die betrokke dag alleen omdat haar man uitstedig was vir locum-werk wat hy vir 'n ander dokter gedoen het.
Adv Jan Theron, vir die Staat, voer aan dat Treurnicht haar trompop in die bors geskiet het nadat sy die huis met die inkopiesak in haar hand binnegekom het.
Treurnicht het na bewering die huis deursoek terwyl Mills weg was. In die proses het hy 'n rewolwer, wat aan die oorledene se eggenoot behoort, in die hande gekry. Dit is met hierdie rewolwer waarmee sy vermoor is.
Verskeie items, waaronder 'n selfoon, kamera, juweliersware en 'n Chevrolet bakkie is ook tydens die voorval gesteel. Treurnicht, 'n Groot-Brakrivier inwoner, is kort na die moord deur Ao Gerhard Crause in Wolwedans, Groot-Brakrivier gearresteer.
Die regspanne het die moordtoneel op Woensdag, 6 November besoek, waartydens die beskuldigde verskeie uitwysings gemaak het. Teen druktyd sou die beskuldigde in die hof getuig het.
Lees die Mossel Bay Home Ads News op Dinsdag, 12 November, vir meer inligting oor die verloop van die saak, asook volgende week se Advertiser.
Adv Jan Theron (links) kyk toe terwyl Regter Patric Gamble deur dokumentasie lees tydens die regspanne se besoek aan die moordtoneel. By hulle staan die Assessor, Mika Lutchman, en die Regtersklerk, Leonie van Biljon.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'