Die Repsol Honda 600 motorfiets waarop mnr Olivier gery het, was skaars drie maande in sy besit en 'n speelding waaroor hy glo baie opgewonde was.
Paramedici op die toneel het gespook om 'n polsslag by mnr Olivier te kry, maar na ongeveer 40 minute wel daarin geslaag.
Mnr Olivier is na die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal geneem, waarna hy na die George Provinsiale Hospitaal oorgeplaas is. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en was teen druktyd steeds in die hospitaal se Intensiewe Sorg Een-heid. Die Wes-Kaap Gesondheid mediawoordvoerder, mev Nadia Ferreira, het bevestig dat mnr Olivier se toestand ernstig is.
Sy verloofde en ma van sy twee-jarige dogtertjie, me Anja Roestorff (25), was tydens die voorval by die Weskus met vakansie. Omdat mnr Olivier tydens die ongeluk nie identifikasie by hom gehad het nie, was sy onbewus van die gebeure.
"Ek kon hom nie in die hande kry nie en het hospitale begin bel. Saterdagmiddag laat het ek eers uitgevind waar hy is," het 'n emosionele me Roestorff gesê. Mnr Oli-vier se ouers het hom intussen by die hospitaal bygestaan.
"Ons dogtertjie Luané verstaan nie wat aangaan nie en wil net by haar pa wees. Ek en Louis het nog altyd geglo as God vir ons is, niemand teen ons kan wees."

Die Repsol Honda 600 wat mnr Louis Olivier in Desember aangekoop het.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'