Gerugte dat hulle moontlik vir vriende sou gesê het dat hulle “oorsee gaan en nooit weer gekry sal word nie,” doen sedert Maandagaand die rondte.
Mnr. Jacques Bekker (voorsitter, Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep) het bevestig dat ’n kind dié woorde geopper het.
Vriendinne Me. Opperman en Me. Groenewald het die oggend nog gereed gemaak vir skool. Clarissa het vir haar ma, Mandie, gesê dat hulle ’n “siwwie”dag het by die skool en dat hulle net ’n skoolhemp en gewone klere daarby mag aantrek.
Me. Opperman sê sy het haar skoolhemp, ’n swart kortbroek, ’n grys baadjie en grys Tommie-tekkies aangehad.
Adri het by die Oppermans se huis aangekom voor skool en was geklee in haar skoolhemp en ’n pienk kortbroek.