Hierdie Kultuurforum sal behulpsaam wees met kunste-ontwikkeling binne gemeenskappe in Mosselbaai en omgewing.
Samesprekings rakende die stigting van sodanige forum het reeds in Augustus vanjaar begin. Tydens opvolgvergadering is nominasies vanuit verskeie gemeenskappe, verteenwoordigend van verskeie kuns- en kultuur-dissiplines, benoem waarop verlede week se verkiesing gevolg het.
Verteenwoordigers vir die verskeie kuns- en kultuurdissiplines is Vivienne Holtzhausen (Visuele Kunste); Cornelle Carstens en Clifford Sydon (Drama en Teater); Susan Levendal, Bradley Michaels en Nonkoliseko Mjacu (Kuns en Handvlyt); James Malgas (Visuele Kunste), Petronel Baard en Johnathan Gelderbloem (Musiek), Dina Olivier en Noxolo Mlonyeni (Dans), Jeremy van Wyk en Heleen Coertze (Toerisme), Antoinette Kannemeyer (Musiek), Neville Meyer en Gillian Flores (Orkeste), Barry Jacobs, William Possel en Carina Wiggell (Erfenis). Die forum word ondersteun deur Setchmor Rhoodes (Openbare Deelname-koordineerder), Rozain Hansen (Ondersteuningsbeampte) en George van der Westhuizen (Hoof: Veranderingsbestuur).

Hier is die bestuur van die Mosselbaai Kultuurforum (van links): Cornelle Carstens (Bemarking en Kommunikasie); James Malgas (Koördineerder, Spesiale Projekte en Programme); Petronel Baard (Voorsitter); Jeremy van Wyk (ondervoorsitter); Noxolo Mlonyeni (assistant-sekretarese); Antoinette Kannemeyer (sekretaresse); Barry Jacobs (koördineerder, Spesiale Projekte) en Bradley Michaels (tesourier).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'