In vanoggend se voorval, het die bestuurder van die voertuig dit as ‘n poging tot kaping beleef, maar later is daar ‘n saak van opsetlike beskadiging by die KwaNonqaba-polisie aanhangig gemaak. Die voorval het omstreeks 02:00 by die Danabaai-afrit plaasgevind het toe die voertuig se ruit stukkend gegooi is.
Dit volg na ‘n nog ‘n voorval gisteroggend toe 3 vrouens by die aansluiting van Casinoweg en Louis Fourieweg gekaap is. ‘n Verdagte is deur die misdaadvoorkomingseenheid gearresteer.
Die voertuig, ‘n Audi A4, is vroeg gisteroggend deur die KwaNonqaba-polisie in Elangeni, KwaNonqaba, opgespoor waar dit agter die varkplaas weggesteek was.