Die kantoor vol vroue was uit die aard van die saak tog te opgetrek om die aantreklike sanger met sy innemende geaardheid in hulle midde te hê.
Die album verskyn drie jaar na sy eerste solo-album, Solo.
"Ek is net so bly die nuwe album is eindelik uit," sê Jay. Hy is veral opgewonde oor die snit wat hy saam met Steve Hofmeyr opgeneem het, 'Sal ons ooit weer kan slaap'.
"Ons praat al sedert 2011 toe ons saam aan die fliek 'Platteland' gewerk het daarvan om saam 'n snit te doen." Snitte is ook saam met Liani May en Eden, waarvan hy voorheen 'n lid was, opgeneem.
Jay sê die titelsnit gee die toon van die album aan. "Dis vol energie en gaan rêrig daaroor om pret te hê. Ek hoop die luisteraars voel ook so," verduidelik hy beskeie. "Ek is baie rustiger as met die uitreik van my eerste solo-album, want toe het ek so 'n maak-of-breek-gevoel gehad."
Jay word bestuur deur Corné Oosthuizen, wat in sy prille jeug in Laerskool Hartenbos skoolgegaan het en reeds sewe jaar in die vermaaklikheidsbedryf sy merk maak met kunstenaars soos Willem Botha, moniQue, Hulle, Gretha Pers en Lianie May.
"Daar is dramatiese verandering in die mark, wat interessante uitdagings aan kuns-tenaars en hulle bestuur bied," sê Corné.
Jay tydens sy optrede by die Bravo Lounge. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'