Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Ware feesatmosfeer het Saterdag, 1 Junie in Ruiterbos geheers waar die Robinsonpas se 150ste bestaansjaar gevier is.
Jonk en oud het die heerlike sonskyndag geniet in die vars berglug waar plaaslike kunstenaars deurentyd die feesgangers vermaak het.
Kosstalletjies het iets vir elke smaak gebied en natuurlik was daar genoeg om aan die droë kele ook lafenis te bied. Vir die kinders was daar hope pret. Daar was trekkerritte, gesigverf, springkastele, 'n klouterraam en plaasdiere om na te kyk.
Die blinkgevryfde outydse asook ander motors het die manne na hulle asems laat snak, terwyl die vroue heerlik kon snuffel tussen al die stalletjies waar allerlei interessanthede te koop was.
Kyk 'n video hieronder:
•Lees 'n vorige artikel hier: Feestelike atmosfeer in Ruiterbos
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'