Die verdagte het glo ook die 18-jarige ma van die kind aangerand.
Hy is gearresteer nadat 'n niggie van die slagoffer die polisie gebel het. Die Mosselbaai Gesinsgeweld Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe Eenheid ondersoek nou 'n saak van ernstige aanranding, aanranding en ontvoering.
Die slagoffertjie is na bewering deur die pa saam met hom alleen in hul huis toegesluit - nadat die ma ook geslaan is - waarna hy die dogtertjie oral oor haar lyf en gesig aangerand het en met 'n voorwerp gebrand het.
Die ma en kind is vir twee dae in sy huis toegesluit.
Die slagoffertjie is in die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal met veelvuldige beserings opgeneem en is op Woensdag, 1 Julie ontslaan.