Só, het Zelda Beukes, GPF-voorsitter van die Da Gamaskop-sone, gesê tydens 'n gemeenskapsbyeenkoms op Woensdagmiddag, aangaande die verdwyning van Annastacia September.
September word sedert einde Augustus vermis.
Die SAPD Da Gamaskop het sedert haar verdwyning etlike soektogte geloods in die Albertinia-, Van Wyksdorp- en Herbertsdale-omgewing.
Die SAPD-lugvleuel, asook Outeniqua K9 honde-eenheid is al ingespan.
In van die areas is voetpatrollies gedoen in samewerking met die gemeenskap.
Sers Henry Bekker van die Da Gamaskop-Speurders het die groep mense te woord gestaan, asook die pa van die vermiste vrou, Willie Komani, 'n bekende toergids in Mosselbaai.
Hy het 'n sterk pleidooi vir kalmte gelewer en geloofsvertroue gelewer.
Lede van die gemeenskap word versoek om op Sondag 19 Oktober, om 14:00 te vergader op die oop veld tussen die kliniek en Sao Bras Sekondêre Skool om deel te neem aan 'n optog ten einde groter gemeenskapsbetrokkenheid en solidariteit met September se familie te toon.
Deelnemers aan die optog word versoek om 'n wit, pienk of blou T-hemp te dra.
Hiervandaan sal die optog deur verskeie areas beweeg.
Lede van die gemeenskap byeen om hulle solidariteit te toon met die familie van Annastacia September, wat sedert 30 Augustus vermis is.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'