MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit waarsku motoriste op Vrydag, 9 Julie dat berigte ontvang is van klipgooiery op die N2 in die omgewing van Aslapark en KwaNonqaba.
Die nodige wetstoepassingsinstansies, onder meer die Provinsiale Verkeer, is geadviseer.
Motoriste word versoek om uiters versigtig te wees.
Berigte van oproerigheid in die Sewende Laan-omgewing is ook ontvang waar, na bewering, pogings aangewend word om grond onwettig te beset.
Inwoners word versoek om liefs Mayixhaleweg te vermy.
Die nodige wetstoepassingsinstansies, onder meer die polisie is van die voorvalle ingelig en word tans ontplooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'