Dr. Stan Cronjé is deur die Universiteit van Wes-Kaap gekontrakteer om die eerste twee modules van die vyf module kursus aan te bied.
"Salga (South African Local Government Association) finansier die opleiding aangesien hulle verantwoordelik is vir raadslede en munisipale amptenare se opleiding," het Cronjé verduidelik.
Die eerste module is van Maandag 17 Maart tot Donderdag 20 Maart voltooi en hierdie week word die tweede module sedert Maandag aangebied. Volgens Cronjé moet die amptenare en raadslede na elke module 'n eksamen skryf en 'n werkstuk inhandig. Cronjé het gesê die doelwit is om al vyf die modules hierdie jaar af te handel. "Die amptenare doen nie net gevorderde kennis van publieke administrasie op nie, maar kry ook afslag op modules indien hulle by 'n universiteit 'n graad in publieke administrasie wil studeer."
Vir elk van die vyf modules wat suksesvol voltooi is word 'n sertifikaat aan die student uitgereik.
(1).jpg)
Van die raadslede en munisipale amptenare wat besig is met module twee van die kursus in publieke administrasie, is voor van links: Petru Terblanche (Mosselbaai), Julian Meikeur (Hessequa), Veronica Williams (Oudtshoorn), Wayne Craig (Bitou), dr. Stan Cronjé (lektor), Magdaleen Titus (Oudtshoorn), Mawonga Furman (Beaufort-Wes) en Beauty Tiwani (George). Agter van links is Dirk Kotzé (Mosselbaai), Johan Gertse (Hessequa), Nolan Stuurman (Bitou) en Richard Johannes (Hessequa). Foto: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Eden Distrik nuus'