Update
STILBAAI NUUS - Die imposante swart staalhekke wat by Stilbaai-hawe opgerig word, het onlangs heelwat vrae op sosiale media uitgelok.
Dit vorm egter deel van 'n groot opgraderingsprojek wat in 2018 deur die departement van openbare werke en infrastruktuur aangekondig is. Die departement het 'n aantal klein Wes-Kaapse hawens wat by opknapping sal baat, geïdentifiseer.
Die doel hiermee is om toerisme in die gebied 'n hupstoot te gee, asook om kleinskaal visbedrywighede makliker te maak.
Volgens Zolile Nqayi, woordvoerder van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye is Stilbaai as werkende hawe vir sowel kleinskaal as kommersiële visvang een van 13 hawens wat opgradeer word.
Nqayi sê hulle beoog om die hekke binne die volgende twee maande in werking te stel. Toegang tot die hawe is steeds R5 per motor en R45 vir bote en sleepwaens. Die hekke sal tussen 07:30 en 16:00 bedryf word.
Vorige artikel: Hekke deel van nuwe baadjie
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'