MOSSELBAAI NUUS - Emmerentia van Rensburg is op 4 Augustus 1942 in Albertinia gebore en vier vandag haar 80ste verjaardag.
Sy het 19 jaar van haar lewe by Onse Rus by die ACVV verpleeg en was getroud met wyle Petrus van Rensburg. Hulle het drie kinders Ruby, Donovan en Karen.
“Hoop ma geniet die dag. Baie dankie vir al die jare se mooi opvoeding wat ma en pa vir ons gegee het. Mag die Hemelse Vader ma nog lank uitspaar. Dit is 'n groot mylpaal wat ma bereik het,” met liefde jou kinders, kleinkinders Donovan, Janke, agterkleinkinders Ruben, Mia, Leane en die familie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'