MOSSELBAAI NUUS - Persone met boedelvuurwapens in hulle besit stel hulleself aan vervolging bloot indien hierdie wapens nog nie verklaar en op hulle name oorgedra is nie.
Volgens kapt Wollie Fourie, kommuniskasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie is daar veral in die Mosselbaai-omgewing talle vuurwapens wat ongelisensieerd is aangesien die vorige eienaars daarvan oorlede is en iemand anders dit byvoorbeeld geërf het.
"Ons doen 'n beroep op almal wat van hierdie vuurwapens in hulle besit het, om te kom aansoek doen vir vuurwapenlisensies. Alternatiewelik, moet hierdie vuurwapens by die naaste polisiestasie ingehandig en vernietig word."
Enige navrae kan gerig word aan die aangewese beampte vir vuurwapens, ao Thinus Newman (044 606 2200).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'