MOSSELBAAI NUUS - Kampeerders wat onwettig by die Souwesia-terrein oornag is vanoggend deur die Mosselbaai munisipaliteit gevra om die fasiliteit teen 17:00 te ontruim.
Volgens berigte kampeer mense onwettig op die terrein waar slegs dagbesoekers toegelaat word.
Volgens Mosselbaai se munisipale bestuurder, Advokaat Thys Giliomee, is die kampeerders vanoggend versoek om teen 17:00 vanmiddag hul tente van die perseel te verwyder.
Daar sal opgetree word indien nie aan die versoek gehoor gegee word nie.
Dit blyk dat van die kampeerders van die Mosselbaai-omgewing is, hoewel voertuie met registrasienommers van elders ook opgemerk is.
Volgens berigte kampeer mense onwettig op die terrein waar slegs dagbesoekers toegelaat word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'