MOSSELBAAI NUUS - Die verskeie ontwikkelings wat beoog word op sekere gebiede tussen die N2 en die R102 is op privaatgrond.
Die Mossel Bay Advertiser het 'n navraag aan die Mosselbaai-munisipaliteit gerig na aanleiding van klagtes van inwoners oor die sogenaamde ontwikkeling vanaf Fraaiuitsig tot by die Groenkloof-aftreeoord.
Munisipale woordvoerder, Colin Puren het by navraag gesê die voorgenome ontwikkelings is egter alles op privaatgrond en nie op enige "groenstroke" nie.
"Die aansoeke vir die ontwikkelings is in verkeie stadiums van goedkeuring."
Inwoners het melding gemaak van 'n petisie teen die ontwikkeling. Puren sê hy aanvaar dat die petisie verwys na 'n openbare deelnameproses. "Enige persoon of instansie is geregtig om kommentaar te lewer en/of beswaar te maak of 'n petisie in te handig", sê Puren.
Dit kan gedoen word met die aanvang van die omgewingsimpak-analiseproses of die beplanningsproses. Beide is onderhewig aan 'n openbare deelnameproses.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'