MOSSELBAAI NUUS - Eden Educational Services (EES) en NB Uitgewers bied leerders in die groter Mosselbaai-area die geleentheid om op 26 Augustus die skrywers Marga Jonker en Joha van Dyk te ontmoet.
Beide skrywers se passie vir kinders en tieners is in hulle skryfwerk aanwesig.
Die spinnebotte slaan toe van Jonker stel laerskool leerders bloot aan die wêreld van robotika terwyl Van Dyk se derde boek in die Branderjaer reeks, baie gewild is onder hoërskool leerders.
Kontak EES so spoedig moontlik om te verseker dat jy nie dié gratis geleentheid misloop nie (083 265 0798).
Joha van Dyk se boek die Branderjaer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'