MOSSELBAAI NUUS - Vyf Mosselbaaiers sal op Saterdag 4 November teen mekaar meeding tydens die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjiekompetisie.
Vanjaar domineer vroue die kompetisie en uit die vyf finaliste is daar slegs een man.
Die finaliste is: Clarice Andries, Louis Pieterse, Jacolean West, Adele Cornelissen en Pauli Pretorius. Inwoners is welkom om die geleentheid by die Koswerf restaurant op Hartenbos by te woon. Dit begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur.
Adele Cornelissen
Clarice Andries
Louis Pieterse
Jacolean West
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’