Provinsiale verkeersinspekteurs Samantha Janse van Rensburg en Siyathemba Nongxaza het op die N2 by Voorbaai patrollie gedoen toe die bus rigting Kaapstad by hulle verby gekruie het. Na wat verstaan word, het die bus teen sowat 50km/h gery.
Die busbestuurder, mnr Josph Manyathi het aan die Mossel Bay Advertiser gesê sy werkgewer het hom opdrag gegee om die bus, wat na bewering 'n paar maande gelede in 'n ongeluk was, Kaapstad toe te neem. Die Afrikaanse eienaar bedryf skynbaar 'n vervoerdiens in die Oos-Kaap.
"Ek het 'n vrou en ses kinders, om my werk te behou moes ek doen wat ek opdrag gegee word om te doen," het mnr Manyathi gesê.
Ondersoekbeampte Gerhard Groenewald het gesê hy het nog nie tevore 'n voertuig in so 'n toestand by die toetsterrein teëgekom nie.
Daar was ook nie sekerheid of die permitte wat die busbestuurder wel in sy besig gehad het, wel vir die betrokke bus uitgereik was nie.
