By die Langeberg Mall het twee voertuie wat blykbaar om een parkeerplek meegeding het vir 'n omstander 'n negatiewe nadraai gehad toe een van die voertuie, 'n rooi Volkswagen Gti met 'n Gautengse nommerplaat, bo-oor die parkeerarea se randsteen gery en benewens 'n boom, ook glo in hom vasgery het. Nooddienste was oomblikke later op die toneel en het die voetganger daar behandel.
'n Swaar voertuig en sleepwa wat mielies na 'n plaaslike voermeule aangery het, het op Donderdagaand sy hele vrag verloor toe dit van die pad geloop en omgeslaan het.
Die pad was met mielies bestrooi en nooddienste moes hard werk om die toneel vir verkeer oopgestel te kry.
'n Bestuurder wat Sondag, 27 Julie, omstreeks 16:45 gereken het hy doen goed deur oor die geel streep te beweeg om vinniger verkeer kans te gee om verby te kom, het skynbaar in die proses beheer oor sy voertuig, 'n Ford Bantam bakkie, verloor en het op die teenoor-gestelde kant van die pad op sy dak te lande gekom.
Die ongeluk het op die N2 naby Albertinia plaasgevind. Die voertuig was swaar gelaai met kruideniersware en dit het op die toneel gestrooi gelê.

'n Gautengse Volkswagen was in die rigting van Albertinia onderweg toe die bestuurder beheer oor die voertuig op die N2 verloor het. Die bestuurder, mnr Deon Botha van Albertinia, is by aankoms by die Mosselbaai hospitaal oorlede, terwyl sy vrou, Julie, steeds in die George hospitaal vir nekbeserings behandel word. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'