MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se nooddienspersoneel moes omstreeks 16:30 vanmiddag 'n motoris te hulp snel wat op die R328, net buite Brandwag in die rigting van Oudtshoorn, in 'n ongeluk betrokke was.
Dit blyk dat slegs een voertuig in die ongeluk bettokke was.
Die pad was kortstondig vir verkeer gesluit maar is intussen weer oopgestel.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Die pad was vir verkeer gesluit na die ongeluk.
Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. Foto's: Dave van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'