MOSSELBAAI NUUS - Die N2 in die rigting van George na Kaapstad is tans nog gesluit na 'n ongeluk vroeër vanmiddag, Saterdag, 9 September.
‘n 33-jarige man is dood en een ernstig beseer, terwyl die derde ligte beserings opgedoen het. Albei is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die N2 sal vir ‘n geruime tyd gesluit wees tussen die Langeberg Mall en die Danabaai-afrit vir die forensiese ondersoek.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’