MOSSELBAAI NUUS - ‘n Ondersteuningsgroep vir hulp teen dwelmafhanklikheid nooi die gemeenskap uit na ‘n byeenkoms om 28 Mei na die Asla Park-gemeenskapsaal. Die byeenkoms is om 14:00.
Alle familielede en vriende van persone wat sukkel met dwelmafhanklikheid is welkom.
Van die gassprekers sluit in pastoor Aldon Meyer van die Pacaltdorp-ondersteuningsgroep vir dwelmafhanklikes.
Soortgelyke groepe uit Oudtshoorn en Plettenbergbaai sal ook die byeenkoms ondersteun. Enige persoon wat dit graag wou bywoon of meer inligting benodig kan kontak maak met Rebecca Blouw (060 520 0718) of Sylvia Mohammed (071 153 5266).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'