MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers, ondersteun asseblief die inisiatief om drinkwater vir die landbougemeenskappe van Herbertsdale, Buisplaas, Hamelkop en Ruiterbos in te samel.
Water vir huisgebruik - verkieslik in 5 liter verpakkings - word dringend benodig om die nood te help verlig.
Skenkings kan by die Brandweer op die hoek van Schoemanstraat en Louis Fourieweg afgegee word.
Dit is 'n gesamentlike inisiatief van die Mosselbaai-munisipaliteit, die Gemeenskapspolisieforum en onderskeie buurwagte asook besigheidslui.
Die water sal Woensdag of Donderdag na die onderskeie gemeenskappe versprei word, dringende skenkings sal dus hoog op prys gestel word.
Uitgereik deur Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'