MOSSELBAAI NUUS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied in Oktober verskeie gratis klinieke en bewusmakingsveldtogte aan.
Borsondersoeke en papsmere
Borsondersoeke en papsmere word op die volgende datums gehou:
- 8 Oktober: Mosselbaai-kliniek in Georgeweg vanaf 09:00 - 15:30.
- 9 Oktober: Hartenbos-kliniek in Witwatersrandrylaan 5, vanaf 09:00 - 15:30.
Vir meer inligting kontak Maxie Willemse (082 958 3468).
Shades of Pink-borskankerstappe
Shades of Pink-borskankerstappe word op die onderstaande datums op Groot-Brakrivier, Hartenbos en Albertinia aangebied.
- 11 Oktober om 18:00 op Groot-Brakrivier. Deelnemers kan om 17:30 registreer by Eurikastraat, Eureka Park op Groot-Brakrivier. Vir meer inligting, kontak Lucia du Plessis (072 659 8760).
- 16 Oktober om 17:30 op Hartenbos by die Seefront. Registrasie vind plaas om 17:00 en dit kos R50 per volwassene en R30 per kind. Vir meer inligting, kontak Maxie Willemse (082 958 3468).
- 24 Oktober om 17:30 op Albertinia. Deelnemers kan om 17:00 registreer by die Albertinia-gholfbaan in Gholfstraat, Albertinia. Vir meer inligting, kontak Sheila Kendal Slabber (072 326 4477).
Relay for Life
Mosselbaai se jaarlikse Cansa Rely for Life vind vanjaar plaas op 26-27 Oktober by die Hartenbos ATKV-amfiteater. Vir meer inligting, kontak Ernie Jacobs (083 290 3389).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'